Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit lyk of die US uitsluiting bo insluiting kies

Prof. Anton van Niekerk het in sy jongste rubriek, asook voriges, aanmerkings en aannames gemaak wat binne bepaalde kultuurverband onaanvaarbaar is.

Dit kan wel binne sy benadering tot inklusiwiteit aanvaarbaar wees, maar dit is juis waar daar ook weer bepaalde eksklusiwiteit gedefinieer word wat beslis nie aanvaarbaar is nie.

Danie Langer, in sy repliek (28.06), wys op die probleem van inklusiwiteit met bepaalde uitsluiting en verwys na wat met gebalanseerde inklusiwiteit bereik kan word. Dit verseker die droom wat die oorwegend positiewe meerderheid graag sal wil bereik.

Slaan egter ag daarop dat Van Niekerk ’n senior aan die Universiteit Stellenbosch (US) is en dat bepaalde kultuurwaardes daar nagestreef word wat al vele debatte tot gevolg gehad het oor hoe om inklusiwiteit te bereik, met insluiting of met uitsluiting. My waarneming tot dusver, as oud-Matie, is dat die US dit met uitsluiting probeer bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.