Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit lyk vir my Malema is bang vir Gordhan

Die eenvoudige, nuttelose EFF en Julius Malema met sy kortsigtige en afbrekende EFF-volgelinge het wel iets reggekry ten tyde van die staatsrede: Hulle het buitelandse beleggers finaal afgeskrik om in Suid-Afrika te belê.

Dan het Malema boonop die vermetelheid om te sê Pravin Gordhan gaan verantwoordelik wees vir al die werkverliese by Eskom, die SAL, Denel en so meer.

Malema het nie die insig om te besef dat dit hierdie soort optrede van hulle en die vakbonde is wat op die duur meer as net huidige voorspelde werkverliese gaan veroorsaak nie.

Korrupsie en patetiese bestuur het ons gebring waar ons nou is, nie Gordhan nie.

Gordhan probeer orde skep en hopelik korrupsie, wat nou tot ’n nasionale sport verklaar is, uitroei.

Myns insiens is Malema bang vir Gordhan.

Malema, vat jou volgelinge en emigreer China toe.

Jy is ’n verleentheid vir Suid-Afrika.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.