Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit maak seer as taal wapen word

Verandering is pynlik en daar sal altyd diegene wees wat daarteen skop. In die 24ste jaar van ons demokrasie sien ’n mens steeds beheerliggame van sommige tradisioneel wit skole wat toelating van kinders van ander bevolkingsgroepe voorkom. Dit geskied onder die dekmantel van moedertaalonderrig.

Die beheerliggame het egter nie rekening gehou met die hardwerkende Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wat namens die kinders hof toe is nie. Die daaropvolgende ongrondwetlike uitspraak behoort binnekort deur die konstitusionele hof reggestel te word.

Dit sal ’n oorwinning vir alle kinders wees om, in Lesufi se woorde, saam te kan leer en speel, soos dit hoort. Hierdie dapper man en sy gesin word steeds met die dood gedreig. Hy verdien ons almal se bewondering en waardering.

Dit maak seer wanneer my taal as wapen gebruik word deur hulle wat hunker na die verlede en herinner my aan ’n onlangse ervaring.

’n Winkelassistent het vergeefs probeer om ’n swetsende klant se Afrikaans te verstaan. Ek het aangebied om te tolk, maar meneer wou nie byt nie. “My geld praat ook Afrikaans!” het hy gebulder.

Toe ek aan die assistent noem dat die man aan my bekend is en vlot Engels kan praat, was sy reaksie: “Eish, you know mos what they’re ­like!”

Ja, tot my skaamte weet ek maar te goed. Wat my telkens verstom is swart mense se verdraagsaamheid, maar oppas, mense laat net tot ’n punt op hulle trap en ek glo daardie punt is bitter naby.

Meer oor:  Taal  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.