Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doen iets aan daai vaatjie, Damian!

Ian, Kimberley, skryf: Ek verwys na die berig oor die gay boer Damian Engelbrecht verlede week.

Liewe aarde, Damian. Wil jy nou soos ander wannabe-beroemdes ná jou deelname aan Boer soek ’n vrou aan jou verskietende roem vasklou deur in soveel moontlik publikasies jou uitmergelende lot te bekla?

Ek veroordeel nie die feit dat jy gay is nie. Ek is ook gay. Maar jou probleem is dat jy nog nie regtig daarmee vrede gemaak het nie. Aanvaar jouself, dan sal ander dit dalk ook doen. Ek ken ook verwerping, maar in die lewe word baie mense oor baie ander dinge verwerp.

En nog ’n teer puntjie: Het jy al ooit van ’n gimnasium of oefeninge gehoor? Raak ontslae van die ronde vaatjie, versorg jouself, probeer dalk ’n bietjie Botox, skeer die ou gryserige baardjie en miskien is liefde om die draai.

Jy moet onthou in die gay-wêreld tel looks verskriklik baie. Ek self lyk 20 jaar jonger as wat ek is, gym elke dag, volg ’n intensiewe velsorgroetine en ek pluk die vrugte daarvan.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.