Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doen jou deel, plant ’n boom

Bome is nie net noodsaaklik vir die voortbestaan van die mens nie, maar verskaf soveel plesier.

Kinders sal jou vertel van die vreugde van boomklim of van ’n boomhuis. Bome verskaf voedsel vir mens en dier in die vorm van blomme, blare, sade en vrugte soos appels, pere, perskes, avokado’s – ja, te veel om op te noem. Die talle gebruike van hout is eweneens te veel om op te noem.

Ons inheemse bome word bewonder vir hul duursaamheid (stinkhout, geelhout, tambotie), vorm, grootte en blommeprag. Die pragtige blomme van die huilboerboon, huilboom, vanwykshout en sambokpeul en die sade van die worsboom, maroela en kremetart is wyd bekend. Plant ’n inheemse boom in belang van Suid-Afrika se bydrae tot die bestryding van die klimaatskrisis.

Meer oor:  Boom  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.