Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doen net elke dag iets vir iemand

Ek’s spyt dat ek nie my pa gevra het wat hy destyds met ’n “socialistic capitalistic” model bedoel het nie.

Hy het 25 jaar gelede beklemtoon dat kapitalisme die wêreld versaak het. Hy het ook gesê die geld is “locked up at the top (rich) and must flow down to the bottom (poor)”.

Ek het ’n paar voorstelle hoe so ’n model toegepas kan word, naamlik:

Ons moet meer minimalisties lewe – minder klere, skoene, kos, ensovoorts. Ons kan tog net een paar skoene op ’n keer dra. Ons is net reisigers deur hierdie lewe van so sewe tot agt dekades, en ons is gebore met niks en só sal ons ook die lewe verlaat.

Eet ’n bietjie minder – gee van jou geld aan iemand in die nood.

En neem elke dag so drie piesangs saam met jou en deel dit uit aan honger mense.

Verder is aktiewe gesinsbeplanning in alle gemeenskappe noodsaaklik. Ek stel voor dat sulke klinieke 24/7 oop sal wees.

Groot motors is ook nie nodig in die staatsdiens nie. Die duur voertuie kan verkoop word, en geboue kan liewer opgerig word waar mense vaardighede aanleer. Enige soort motor sal jou by jou bestemming kry.

’n AGS-pastoor het onlangs op RSG gevra: “Wat het jy vandag met jou hande gedoen?” Ons kan almal elke dag iets met ons hande doen om iemand op ons lewenspad te help. Word ’n vrywilliger by ’n ouetehuis, kinderhuis, tehuis vir gestremdes, sopkombuis, ensovoorts.

Doen net elke dag iets.

Meer oor:  Piesangs  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.