Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doen weg met dié struikelblokke

Dankie vir Anton van Niekerk se rubriek “Bou-mafia: Dís naakte anargie” (20.08).

Die Konfederasie van Werk­gewers van Suid-Afrika (Cofesa) het ook aan pres. Cyril Rama-phosa verslag gedoen na aanleiding van die jongste oudit oor die ekonomiese vryheid van die wêreld.

Ons aanvaar, soos Van Niekerk, “dat op groot skaal geleenthede gesoek moet word om swart mense te laat deel in ekonomiese vooruitgang”, ofte wel dat ’n “nuwe ekonomiese daeraad” nodig is.

Die oudit toon dat Suid-Korea in 1960 ’n laer per capita-groei as die gemiddelde land in Afrika suid van die Sahara gehad het, maar nou ’n per capita-groei van 32 keer hoër bereik het.

Suid-Afrika se per capita-groei was in 1960 ’n derde groter as dié van Singapoer, maar is nou sewe keer kleiner.

’n Peiling van 2004 toon dat in lande met hoër vlakke van ekonomiese vryheid armoede teen ’n koers van 29,7% verminder, teenoor Suid-Afrika se skamele 7,7%.

Cofesa bepleit ’n einde aan die grootste struikelblokke vir groei: swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en diensgelykheid.

Dit strem veral tenderprosesse en uitvoer. Volgens ons studie sal die verslapping van arbeids- en verwante wetgewing en regstellende aksie dermiljoene werkgeleenthede moontlik maak, só nodig vir die “nuwe ekonomiese daeraad”.

Die wetgewing het sy doel uitgedien om in ’n beperkte tyd voorheen benadeeldes na die formele ekonomie te bring. Met ’n sterk ekonomiese middelklas werk dit nou teenproduktief en dra by tot ons ekonomiese krisis. Onvoorsiens vererger dit nou armoede, selfverryking, korrupsie en selfs staatskaping, die verval van dienslewering en veroorsaak wydverspreide onrus.

Ons pleit vir ’n terugkeer na “vryheid van handel, beroep en professie” – art. 22 van ons Grondwet – en na internasionale etiese norme.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.