Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doodskoot vir pensioenfondse?

Eers was dit die vakbonde wat hul kloue in die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) wou slaan om staatsinstellings soos Eskom en die SAL te red. Dit was juis omdat die regering en die vakbonde daarin misluk het.

Nou verskuif die aandag na gratis tersiêre onderrig – en die GEPF is oënskynlik die aangewese melkkoei.

Asof dit nie genoeg is dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) miljarde rande van hierdie fonds uitgedobbel het op VBS Mutual Bank, Steinhoff, Edcon, asook nuttelose grondaankope nie.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, weet dat die GEPF die enigste bron in die land is met genoeg geld om derduisende studente gratis aan universiteite te laat studeer.

Daarom stel hy dit duidelik dat pensioenfondse nou “in die regering se visier” is. Eerder ’n doodskoot, meen ek.

Ek kan natuurlik net praat as lid van die GEPF, maar lede van private pensioenfondse moet ook bedag wees.

Meer oor:  My Stem  |  Gepf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.