Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Doodstraf sál misdadigers weer laat dink

Rapule Tabane skryf onlangs in Vrydag Aktueel oor misdaad en onder meer die doodstraf. Net om die geheue ’n bietjie te verfris, is dit nodig om te onthou dat oudpres. Nelson Mandela voor in die koor was met die afskaffing van die doodstraf. Hy het onder meer gesê te veel jong, swart mans word só gedood en sal só gedood word. (Klink bra rassisties vir my.)

Ek het baie jare gelede al briewe in dié verband geskryf. Dit was pas nadat Herschelle Gibbs in Indië aaptwak (wat toe nog onwettig was) gerook het.

Ek het ook die patetiese filosofie dat die doodstraf nie ’n afskrikmiddel is nie, weerlê met voorbeelde van dwelmhandelaars en -gebruikers wat om die dood toe (verskoon die subjektiewe woordkeuse) nie sal waag om hul ware in sekere lande aan wal te neem nie. Hulle is te bang hulle word betrap en tereggestel.

Die resultaat is vanselfsprekend: Bitter min dwelmhandel in diesulke lande en minder vol tronke.

Tabane water egter sy goeie afskop ’n bietjie af met ’n onaanvegbare klag teen swak polisiëring en onbevoegde amptenary, in plaas daarvan om deur te druk met die eis dat die doodstraf moet terugkeer.

Ek glo vas dat, indien die boewe weet dat die swaard van die doodstraf oor hul koppe hang en dit ’n paar keer al uitgevoer is, dit hulle, soos vantevore, twee keer sal laat dink.

Meer oor:  Bellville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.