Oor die wêreld heen het hy met barmhartigheid en skenkings verligting gebring, eers in oorloggeteisterde gebiede in Oos-Europa en nou in Sirië.
As ’n Internasionale Weldoener van die Jaar gekies moet word, sal dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, loshande so ’n prys ontvang!
Oor die wêreld heen het hy met barmhartigheid en skenkings verligting gebring, eers in oorloggeteisterde gebiede in Oos-Europa en nou in Sirië.
Onlangs het die organisasie uitgereik na arm inwoners in Houtbaai toe hul karige wonings deur brande verswelg is, sowel as diegene van die Knysna-gemeenskap wat alles in brande verloor het.
Ek is oortuig dat daar ’n besondere plek in die hemel vir dr. Sooliman is, maar ek weet dat hy nie vergoeding verwag vir wat hy as ’n daad van liefde beskou nie.