Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Droom-kuiers met Dana en Koos

Ek droom maar so by myself net om nie van eensaamheid te vergaan nie, want drome is soos vriende – jy kan hulle kies en koester.

Ek droom ek ry saam met Dana. Ek luister en hy gesels. Hy kalmeer my.

Ek kuier by Koos Kombuis en sy vrou. Ons stap langs die see, want water se krag laat my die wonder van die natuur opnuut besef.

Ek bel Nataniël en vra dat hy tog asseblief weer vir my die storie van die krewe in die bad water vertel. Net om weer ’n glimlag op hierdie ou droewige gesig onder die masker te sit.

Laastens maak ek ’n draai by Annelie Botes. Daar waar ek my pakkie sigarette kan uithaal sonder om soos ’n muishond te voel. Ek sal haar omhels en vra om ’n bietjie van haar innerlike krag, wat ek so nodig het om in dié mal-wordende wêreld te oorleef.

Meer oor:  Koos Kombuis  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.