Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
E-tolbeleid diskrimineer

Ek stem saam met WH (10.07) oor die staking van e-tolbetalings.

Die gebruiker betaal reeds deur brandstofbelasting vir die gebruik van paaie per kilometer wat hy of sy ry. Hoe verder jy ry en hoe groter jou voertuig, hoe meer betaal jy.

Ek glo dis diskriminasie om op Gautengse paaie e-tol te hef, terwyl byvoorbeeld op goeie paaie in die omgewing van Port Elizabeth geen tol gehef word nie.

As Gauteng se paaie net vir enkele voertuie gebou is, is dit reg om tol te betaal. Maar honderdduisende voertuie gebruik die paaie en dus is die padkoste per voertuig-kilometer net so laag soos ander paaie in die land.

Die e-tolinfrastruktuur stoot koste vir die land drasties op sonder om die gehalte van paaie te ver­beter.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.