Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eddie Prinsloo en sy span gee die pas aan

Charles Smith en fotograaf Mlungisi Louw se “As ’n plaaswerker ’n boer word” (VB, 17.03) is voorwaar ’n uitknipartikel gevul met wysheid, insig en dankbaarheid.

Dit wys dat verandering gedurig en onomkeerbaar plaasvind. Daar is niks wat ons kan doen om dit te voorkom nie – hoe ons dit benader is hoofsaak. Die storie van Eddie Prinsloo van Heuningkrans het menige leser diep geraak. Die foto’s het heimwee in die hart gebring na ons familieplaas naby Koffiefontein . . . voetspore wat al toegerank is.

Heuningkrans gee ’n tree die toekoms in met die bemagtiging van sy werkers. Die voorman van 30 jaar word nou ’n boer.

’n Lewensles: Idealisme is die nektar vir oorwinning.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.