Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Edele versugtinge het nie oorleef

Die ganse Amerika en wêreld was bewus van die moord op George Floyd. Daar word elke maand boere in Suid-Afrika vermoor, maar ons hoor nie bejaardes om genade smeek nie. Dalk moet jy ’n misdaadagtergrond hê om die simpatie van die wêreld te ontlok?

Tussendeur klim Julius Malema op ’n seepkis vir sy Kill the boer-resitasie en Jacob Zuma sing hy soek sy AK-47. AK-47-skiet is nie ’n Olimpiese sport nie. Ons vertrou die bose word oorwin en geregtigheid seëvier, soos in 1994 die geval was.

Die kollektiewe pyn van mense van kleur het ons tereg tot ’n nuwe paradigma gedwing. Die son op die horison was goudgeel van hoop, maar die hoop het beskaam. Beloftes van skoon regering het saam met die rook van braaivleisvure die bloute in verdwyn.

Gebeure ter plaatse is die manifestasie van onbevoegde leiers waar verantwoordelikheid die knie buig voor selfverryking en alles wat verkeerd is. Hulle weet die elektoraat sal hulle nie versaak nie.

Ons sien dit elke dag – Machiavellisme op sy beste, leiers met Armani-pakke en strikdassies op verhoë voor flitsende kameras, die oleanders van die veld wat hulle gif agter kleurvolle kelke verberg. En teenoor dié sartoriale uitspattigheid miljoene juigende armlastiges onder die Afrika-son.

Derduisende honger kele juig as sprekers brood belowe, maar die koring aan die brand steek. Madiba se edele versugtinge het ook nie oorleef nie. En pres. Cyril Ramaphosa se retoriek is tiperend van “Moenie iets sê as jy niks het om te sê nie”. As daar miljarde rande onder iemand se beheer verdwyn, maak dit hom nie aandadig nie?

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

Meer oor:  Frans Calitz  |  Nelson Mandela  |  Lambertsbaai  |  Briewe  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.