Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Een of ander tyd vang slim sy baas

Daar was ’n tyd wat ek werklik gedink het Brian Molefe is ’n uitnemende bestuurder. Dit was tydens sy Transnet-dae.

Ek het hom selfs jammer gekry toe hy, nadat hy by Eskom oorgeneem het, ’n klompie trane op na­sionale televisie gestort het.

Ek kan nie glo hoe verkeerd ek was nie.

Nou kom dieselfde gladde kalant en doen wat baie ander doen wanneer hulle in ’n hoek gedryf is: Hy skuif die fokus van homself na iemand anders. By die Zondo-kommissie maak hy, uit die bloute, stellings oor pres. Cyril Ramaphosa se sogenaamde betrokkenheid by Glencore en die steenkoolkwessie, iets wat niemand nog ooit geopper het nie.

Ek dink nie regter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, gaan vir die truuk val nie. Dan spog Molefe ook dat daar geen beurtkrag was nie in die drie jaar wat hy by Eskom in beheer was. Hy is natuurlik reg.

Wat hy gerieflikheidshalwe nalaat om te sê, is wat dit gekos het. Hoeveel het Eskom se skuld toegeneem in die drie jaar? Is daar in die tyd enige behoorlike instandhouding gedoen?

Nee kyk, een of ander tyd vang slim sy baas.

Meer oor:  Brian Molefe  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.