Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Een vinger kan nie die hele hand se werk doen

Geagte mnr. Dan Plato, burgemeester van die stad Kaapstad,

Ek verwys in dié ope brief na die berig oor die Kaapstad-metro wat dalk nog skuld gaan afskryf (27.05). Ek het besluit om dié skrywe aan u te rig om my absolute misnoeë uit te spreek oor die voorstel dat R4 miljard se skuld afgeskryf word.

  • Van wanneer af is die Kaapstad-metro skielik Kersvader?
  • Hoekom word ek en my medebetalers gestraf omdat ons dit durf waag om ons rekeninge elke maand te betaal?
  • Hoekom is daar nie eerder aansporings vir mense om hul rekeninge te betaal nie?
  • Wat die voorstel eintlik sê, is dat niemand hul rekeninge moet betaal nie, want die een of ander tyd gaan die skuld afgeskryf word.
  • Wat dink u gaan gebeur as almal die houding inneem van niebetaling?
  • Hoekom kry ons wat wel betaal, nie eerder ’n stewige afslag elke maand nie?
  • Hoekom word ons wat betaal, beloon met verhogings elke jaar?
  • Wat julle nie verstaan nie, is as elke mens iets betaal, is dit dalk nie nodig om elke jaar verhogings in te stel nie. Dis onvolhoubaar dat een vinger ’n hele hand se werk moet doen. Hoe lank kan dit volgehou word?

Ek sê lankal die grondgrype, betogings, bande brand en eiendomsbeskadiging is ’n direkte gevolg van die stadsraad se, kom ons sê dit sommer in plein Afrikaans, slapgatheid, om die mense wat oortree, vas te vat.

Wanneer ’n pad toegemaak word deur misdadigers, word hulle aangemoedig om die belastingbetalers wat die pad gebruik, se planne te beduiwel. Daar word géén stappe gedoen nie.

Betalers trek maar altyd aan die kortste ent. Middelmatigheid voer hoogty en die Kaapstad-metro moedig dit aan.

Daar is geen aansporing vir iemand om iets wat die persoon verniet kry, op te pas nie. As iemand water verniet kry, dan word dit gemors. As ’n biblioteek brand en hy word dadelik vervang, dan word hy weer gebrand. En so kan ek aangaan.

Dis nou genoeg! Julle beter ophou om die ganse wat die goue eiers lê, se nekke om te draai. Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.