Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
EFF enigste opponent? ’n Ware nagmerrie!

Cilliers Brink, DA-parlementslid, skryf:

Verlede week is daar landswyd 95 tussenverkiesings gehou en die media se aandag was op die feit dat die DA baie steun verloor het. Dis ook die trant van Jan de Lange se rubriek verlede week.

Maar die prentjie lyk anders as jy die stemtotaal vir elk van die partye in die betrokke stemdistrikte vergelyk met die uitslag van die 2019-verkiesing. Die ontleder Gareth van Onselen het wel hierdie somme gemaak en bevind dat die DA 0,8% minder stemme gekry het as in die algemene verkiesing van 2019.

So, met die oog op die 2021- munisipale verkiesing plaas die vergelyking met 2019 nie die DA in ’n beter posisie as wat ons in der waarheid is nie.

Die ANC, wie se steun met 7,8% gedaal het, was die grootste verloorder in die tussenverkiesings. Die EFF se steun het met 0,3% gegroei en die VF Plus se steun met 2,4%. So ja, die DA het wyke verloor wat ons in 2016 gewen het, maar in vergeleke met 2019 is die steun vir die DA redelik bestendig.

Die DA se eie analise wys dat ons steun onder wit en swart kiesers selfs gegroei het sedert 2019. Waar ons wel teruggeval het, was onder bruin en In-diër-kiesers en in hierdie gemeenskappe was etniese randpartye soos die Patriotic Alliance en Al Jama-ah die begunstigdes.

Die verbrokkeling van die opposisie-stem in sy verskillende etniese komponente was nog altyd ’n risiko vir die DA. Verbeel jou die amptelike opposisie soos ons hom nou ken word vervang deur ’n chaotiese koalisie van klein partye, elkeen afgesonder in hul eie kleur-, kultuur-, of geloofshoekies. Nie een van hierdie partye sal ’n tuiste kan wees vir die 700 000 swart mense wat reeds vir die DA stem nie – wat nog te sê nuwe veld teen die ANC wen. En ná die verkiesing sal die ANC elk van die klein partye teen mekaar kan afspeel soos wat hy in die verlede al gedoen het. Die EFF sal oorbly as die enigste wesenlike opponent van die ANC. Dit is ’n nagmerrie-scenario vir Suid-Afrika.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Da  |  Munisipale Verkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.