Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
EFF-LP’s se gedrag onvanpas

Die EFF wys al hoe meer sy ware kleure.

Daar is in die laaste paar weke deur middel van krappery in hul morsige verblyfvullis in die paar dae rondom die staatsrede duidelik getoon hoe EFF-lede nie net die beste en duurste drank verbruik nie, maar ook liederlik gefuif het.

Donderdag het hulle ook in die parlement opgespring om minister Pravin Gordhan fisiek aan te val om hom te verhinder om sy begrotingsrede te lewer.

Dít is nou die mense wat ons in die parlement verteenwoordig. Dít is nou die vertoonvenster van ons nuwe demokrasie: ’n gefuif en ’n klomp skurke wat hul teenstanders fisiek wil aanrand.

Een van hul eie groot ondersteuners het met verbasing gereageer toe ek met hom gesels oor die eskapades van die hogere EFF-lede ten tyde van hul verblyf in Kampsbaai.

Sy wyse woorde was: “Is dít waarvoor hulle parlement toe gaan?”

Ironies genoeg was die ANC die eerste party wat verontwaardig gereageer het oor die gebeure ten tyde van Gordhan se toespraak. Die EFF is uit die ANC gebore – hulle was vroeër die ANC se jeugliga!

Die EFF se gedrag is ’n duidelike bewys van hoe die ANC sy suigelinge opvoed.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Eff  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.