Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek draai my e-tolkraantjie toe

E-tol het finaal gesneuwel!

Hoewel ek ten gunste is van “die gebruiker moet betaal”, het ek besluit dat ek nie langer finansiële bydraes sal maak vir die gebruik van hierdie tolpaaie nie.

Tot dusver was ek een van die min gebruikers wat getrou betaal het.

In Suid-Afrika is dit eenvoudig so dat meer en meer paaie in die toekoms gebou sal moet word waar die beginsel van die gebruiker betaal, toegepas sal moet word. Die staatskas het eenvoudig nie die geld om dit te doen nie.

Wat wel waar is, is dat die geld waaruit padinfrastruktuur uit heffings gefinansier moet word, elders aangewend word, terwyl die geld ook op duistere wyses verdwyn.

Die spektakel wat ons nou moet aanskou waar toppolitici van die ANC mekaar op Twitter oor e-tol aanvat, is om van siek te word.

Almal wat oor die jare e-tol betaal het, neem kennis: As die e-tol gestop word, sal geen geld terugbetaal word nie, so waarom voortgaan? My besluit is geneem.

Meer oor:  Lesersbrief  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.