Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek droom oor besem wat oral sal skoon vee

Kyk, ek is nou al so siek en sat om te lees van moorde, verkragtings, skelmstreke, die skarminkels in die regering wat hul eie sakke volstop ten koste van die res van die gemeenskap, die onrus op die Kaapse Vlakte, Eskom, die SAUK en die SAL wat alweer ’n reddingsboei gaan kry, aanvalle op Tafelberg, opstande oor wie weet wat nog waar strate bemors word en bande aan die brand gesteek word, ens., ens. Ag nee, wat te erg is, is te erg.

Net toe ek so ’n rustigheid oor my voel kom met Ramaphosa se eerste staatsrede, ’n gevoel van “uiteindelik gaan dinge begin regkom”, toe sit die aasvoëls en hiënas al weer reg om dinge uitmekaar te ruk. Watter plesier kry hulle daaruit? Watter soort mentaliteit het behae daarin om die hele tyd onmin te saai, ontevredenheid aan te hits, die slegste uit mense te wil haal?

Waar is die ysterhand wat dinge sal vasvat, die sterk stem wat sal sê: “Tot hiertoe en nie ’n aks verder nie”.

Dalk moet Helen Zille toetree tot die stryd, ’n soort Margaret Thatcher wat nie sal skroom om die vakbonde aan te vat nie, die skollies genadeloos sal vervolg, die korruptes uit die regering sal verwyder, die ouens in die munisipaliteite wat net daar is om hulself te verryk, summier sal vervang met bekwame mense, soos ook in al die staatsinstellings, ens., ens.

Dus iemand wat ’n groot besem sal vat en sal skoon vee sodat ons weer trots kan wees op ons land, ons nie meer bang hoef te wees in ons eie land nie, ons weer ’n gerespekteerde land sal wees waar reg en geregtigheid geskied, en die moeilikheidmakers in die regering behoorlik kortgevat sal word.

Maar nou ja, ek kan seker droom, nie waar nie?

Meer oor:  Paarl  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.