Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek gooi wye draai om kykNET

Dalk is dit net lockdown blues, maar hoekom voel ek deesdae so huilerig en teleurgesteld met kykNET (kanaal 144) se nuus 19:00?

Die hele wêreld is waar hy is as gevolg van die virus en geen mens is onaangeraak daardeur nie, maar feitlik geen daaglikse statistieke oor nuwe gevalle, sterftes en brandpunte word prominent op die nuus gedeel nie. Soms flits daar onderaan die skerm ’n klompie woorde oor die jongste syfers en sterftes verby.

Dis nou te sê as daar nie veel belangriker “nuus” is oor sokker of rugby se jongste skuiwe en kopies nie. Dít in teenstelling met ’n krisis wat ons land verlam en verarm.

Skakel jy oor na eNCA (kanaal 403) en jy kry baie beter waarde vir jou geld en tyd. Die erns en diepte van sy nuusberigte oor spesifiek Covid-19 is myle beter as kykNET s’n. En ja, dis in Engels, maar wat daarvan? Ek soek die jongste, relevante nuus oor my land en sy mense in hierdie krisis en ongelukkig kry ek dit definitief nie meer op kanaal 144 nie.

Ek en die afstandbeheerder gooi vir eers ’n paar wye draaie om kykNET.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.