Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek haat nie Afrikaans, skryf Panyaza Lesufi

Geagte redakteur,Ek neem met teleurstelling kennis van jou ongelukkige redaksionele kommentaar toe mnr. David Makhura, premier van Gauteng, my skuif aangekondig het van die departement van finansies en e-regering terug na die departement van onderwys en jeugontwikkeling.

Panyaza Lesufi
Panyaza Lesufi.

Die voortbestaan van die narratief dat ek Afrikaans haat, is verkeerd en misplaas. Ek wil dit op rekord stel dat ek nie Afrikaans of Afrikaanssprekendes haat nie. My kind is ’n produk van ’n Afrikaanse skool. Ek ondersteun ook moedertaalonderrig. Ek ondersteun alle amptelike tale en almal van hulle, insluitend gebaretaal, moet gelyk en billik behandel word. In Suid-Afrika is daar geen supertaal nie.

Wat ek nie ondersteun nie – en dit is doelbewus verwring – is dat moedertaalonderrig be­teken dat mense wat daardie taal praat nie kan meng of speel met kinders wat ’n ander taal in dieselfde skool praat nie.

Ek is ’n verslaafde van ’n nierassige onderwysstelsel en sal nooit ’n ander amptelike Suid-Afrikaanse taal onderdruk nie. Ek respekteer en hou by die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Ek sal niks doen wat strydig daarmee is nie en daarom is ek trots om Suid-Afrikaans te wees.

Ek is ook duidelik dat die gevreesde Bantoe-onderwyswet wreed was en deur die mens wat ek met passie gehaat het, Hendrik Verwoerd, die onderwysstelsel van ons mense vernietig het. Dié skade moet onbeskaamd herstel word.

Dit was ook die apartheidsregering wat my broers en susters op 16 Junie 1976 vermoor het bloot omdat hulle ’n apartheidstaal op hulle wou afdwing. Ons het ’n swaar prys vir ons vryheid betaal. Ons vryheid was nie vry nie en ons het selfs diegene vergewe wat ons verdruk en verdierlik het sonder om vergifnis te vra.

So, jou voortgesette verhaal dat ek Afrikaans haat, is verkeerd en misplaas. Meer as 85% van my werk gaan oor die vestiging en bou van gehalte-onderwys in ons provinsie. Dit het goeie resultate gelewer, aangesien ons die topprovinsie is wat ons matriekuitslae betref en agt van ons distrikte is landwyd in die nasionale toptien-distrikte. In enige internasionale onderwysstudie vaar Gauteng as ’n provinsie besonder goed.

Sedert ek onderwys oorgeneem het, het ons van 2014 af elke maand ’n nuwe multimiljoenrand-skool geopen. Ons maak dus tasbare vordering. Alle skole in ons provinsie behoort aan al ons kinders. Niemand sal probeer om openbare onderwys vir hul eie selfsugtige belange te privatiseer nie.

Die onlangse verwringing is dat ek gesê het “Afrikaans is betekenisloos” omdat daar geen Afrikaanse universiteit is nie. Ek het nie dié mening uitgespreek nie. Jou joernalis het my bewering deurgaans verwring met die feit dat ons ook daardie universiteite wat voorheen Afrikaans-onderrig aangebied het, se taalbeleid verander het en dit kan ons dwing om Afrikaanssprekende leerlinge in ons skole te beskerm en hulle bewus te maak van dié veranderinge in hoër onderwys.

Dit sal jammer wees om terugwaartse denke te vier vir die opening van ’n nuwe private universiteit vir een ras- en taalgroep. Dit is nie goed vir ’n nuwe Suid-Afrika nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal en hierdie verhaal van ’n Suid-Afrika wat aan ons almal behoort, moet beskerm word.

Ek hoop dat dit dinge duidelik maak en ek hoop dat jou publikasie ophou om ’n “Panyaza- gevaar”-koerant te wees. Ek soek nie gunste van jou nie, maar regverdigheid met betrekking tot sake wat my raak.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  David Makhura  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.