Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek het lanklaas ’n fliek só geniet

Dominee Tienie: ’n Uitstekende en lekkerkyk-fliek, as jy onbevange daarna kyk met geen spesifieke verwagtings of vooropgestelde idees nie.

As jy in Suid-Afrika grootgeword het, en veral as Afrikaans jou taal is, kan jy jou vereenselwig met dít wat die fliek oordra. Ek het by tye kliphard gelag, was diep geprikkel en het hier en daar ’n knop in die keel gehad. Dit is ’n eerlike kykie na Afrikaanse kerke, sonder onnodige nydigheid – dit is ’n gevoelvolle uitbeelding met baie fasette. Die druk wat ’n leraar en sy hele gesin beleef, word sinvol en eg uitgebeeld.

Wat my ook getref het, is die realistiese uitbeelding van die invloed van versnelde verstedeliking en die veranderende bevolking op kerke.

Die fliek se boodskap is wyer as net die Afrikaanse kerke, maar treffend uitgebeeld in Afrikaans aan die hand van tipiese voorbeelde.

Ek het met opset nie resensies voor die tyd gelees nie en kon dus vars daarna kyk.

Ek het lanklaas ’n Afrikaanse fliek só geniet.

Meer oor:  Dominee Tienie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.