Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek het my geloof in die regstelsel verloor

Ek verwys na berigte oor die beroerde toestand van die departement van justisie en die tragiese koerantberig oor die “papgeslane” bejaarde susters van Oak Glen (15.10).

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoe kan twee boewe wat Saterdag gevang is, kort nadat hulle twee ou dames amper vermoor en ook hul goed gesteel het, toegelaat word as hulle Maandag in die hof verskyn om aansoek te doen vir borgtog, en dan eers volgende week Dinsdag in die hof hoef te verskyn?! Dit maak net geen sin vir my nie.

Toe ek jonger was, het die wet nie só gewerk nie. As jy gevang word vir sulke ernstige, wrede rooftogte en poging tot moord, het jy géén borgtog gekry nie, en is jy so gou as moontlik in die tronk gestop en aangekla. Hoe werk dit dat alles so lank neem om boewe in die tronk te kry waar hulle hoort, en om te begin met hulle straf wat hulle verdien? Ek het my geloof in ons land se regstelsel nou heeltemal verloor.

Elke dag moet ek in die koerante lees van moord en doodslag, en elke slag hoor ek net hoe die skurke borgtog en uitstel kry en die hofsaak net aanhou en aanhou met appèl wat aangeteken word teen alles voordat daar dalk eendag miskien iets gebeur om die skuldiges te laat swaarkry en ly vir dit wat hulle gedoen het. Dit kan mos nie so aangaan nie.

In my jong dae was daar nooit gepraat van menseregte nie. “People who behave humanely have human rights, otherwise they have no rights.” Jammer vir die Engels, maar “human rights” is al wat ek elke dag hoor en lees.

Asseblief, kan ons nie iets doen aan hierdie patetiese stand van sake nie? Maar gou, asseblief, voor ek doodgaan, want dit is nie waarna ek uitgesien het op my oudag nie.

Ek bid vir die twee ou susters se vinnige verbetering.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 400 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Geloof  |  Verloor  |  Regstelsel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.