Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek hoop Bulle het kennis geneem

Uiteindelik het Robert du Preez en die Haaie nou ook die geheim ontrafel wat die Nieu­Seelandse spanne in die Superrugby-reeks so gedug maak: Saai twyfel by die skeidsregter.

In die wedstryd tussen die Haaie en die Crusaders, waarin ’n gelykoptelling afgedwing is, het ek – én die skeidsregter – telkens gewonder of die Haaie nie onkant lê nie.

Dít beteken dat die Haaie net-net op die onkantlyn geboer en telkens só blitsig aangeval het elke keer wanneer die Crusa-ders se skrumskakel sy hand op die bal geplaas het, dat dit ’n mens laat wonder het of hulle wel op die regte plek was.

Solank die spelers die skeidsregter laat twyfel, sal hy nie die fluitjie blaas nie.

Dít is presies die wenresep waarmee die Nieu-Seelandse spanne oorheers en wat die Suid-Afrikaanse spanne sukkel om te snap.

Uiteindelik het die Haaie dit darem nou gesnap. Wonderlik.

Die Bulle speel Vrydag teen die Cru­sa-ders en ek hoop Pote Human en die Bulle het vandeesweek baie tyd saam met Du Preez en die Haaie deurgebring. Indien nie, gaan dit ’n lang Vrydagaand vir hulle word.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.