Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek huil steeds oor Poppie

Ek sit en kyk na Beeld met die berig oor Poppie van der Merwe (3) se moord op die voorblad.

Almal raas en blaas oor rugby, korrupsie en politieke uitsprake.

Hoekom probeer hierdie twee mense in die hof voorgee hulle is onskuldig, terwyl die hele wêreld weet hulle het Poppie vermoor?

Almal wat in die omgewing was, het geweet wat gebeur, maar mense het weggekyk.

Poppie is nou veilig in Jesus se arms, weg van al die wreedhede wat haar tingerige liggaampie verpletter het. Geen straf is groot genoeg vir hierdie mense nie. Mag God hulle genadig wees.

Ek huil oor Poppie. Kind, ons het jou lief waar jy in jou nuwe lewe rustig met jou engelmaatjies speel.

Meer oor:  My Stem  |  Poppie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.