Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek is geskel, maar ’n liberalis . . . nooit

Die reaksie van Inus Bester van Vredenburg (04.02) skep ’n geleentheid vir perspektief.

My filosofiese benadering regdeur my politieke loopbaan wat betref Suid-Afrika se gekompliseerde samestelling is gegrond op die konsep van federalisme.

My loopbaan begin in die Verenigde Party met sy erkenning van Suid-Afrika se verskeidenheid en hantering daarvan met sy rasse­federasiebeleid – en ek het die liberale in die Progressiewe Party my lewe lank beveg, tot vandag se DA. Daarna in die Nasionale Party met sy magsdelingkonsep. In die 1992-referendum het die NP dié beleid voorgehou as basis vir onderhandeling – en ek het dit gesteun. Pres. FW de Klerk, onder druk van Roelf Meyer en Leon Wessels, het in die onderhandelinge ná 1992 die liberale demokrasie omarm ten koste van magsdeling en politieke regte op gemeenskapsbasis, en ek en ’n paar kollegas het teenstand gebied. Dit het ons nogal die etiket van Anti’s op die hals gehaal.

Vandag ondersteun ek die VF Plus se Christelike waardes (net soos die VP en NP van destyds) en sy standpunt van self­beskikking, territoriaal en andersins, vir deelname aan politieke besluitneming op die basis van Suid-Afrika se diverse samestelling van gemeenskappe.

Gematigde meelewende konserwatiewes uit die ou KP het die VF Plus gestig en ’n mens sou graag wil sien in welke gewaad die KP weer sy pad terugvind.

Meneer Bester, ek is van baie dinge uitgeskel in die politiek, maar ’n liberalis, nooit!

Meer oor:  My Stem  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.