SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
My Stem
Ek is lief vir lees, maar verstaan nie dié werke

Ek wil hier met die wegspring van 2019 iets aanroer wat nou al baie lank woelinge in my binneste veroorsaak. My verjaardag- en Kerskousie het elkeen net een geskenk in. ’n Boek.

Maar laat ek voor begin. My liewe oorlede moeder het in die 1950’s ’n liefde vir lees by my gekweek. Ek het grootgeword met digters soos Reitz, Eugène Marais, Malherbe, Petersen en Philander, en skrywers soos Boerneef, Sangiro, Dirk Mostert, Langenhoven en dergelike. Later het Hennie Aucamp en sy tydgenote deel van my leeservaring en leesgenot geword.

Saam met dié van Engelse skrywers soos Herman Charles Bosman het ek seker 1 000 boeke op my boekrakke.

Iewers het dinge egter begin skeefloop. Ek het die draad verloor met postmoderne skrywers en -digters se manier van gedagtes uitdruk. Ek verstaan doodeenvoudig nie wat die meeste van hulle probeer oordra nie. En die resensente help ook nie veel nie, want oor dieselfde boek speel een die troumars en ’n ander die dodemars.

Ek is baie lief vir my taal. Ondanks my ouderdom het ek al oorweeg om iewers aan ’n instansie vir slegs ’n gevorderde Afrikaanse kursus in te skryf in die hoop dat ek my taalhorisonne kan verbreed (is daar só ’n instansie?).

Deesdae lees ek maar geskiedkundige werke, want ek is nie vatbaar vir skrywers soos Meyer, Barnard en dies­ meer nie.

Meer oor:  My Stem  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.