Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Ek is nou ’n rehabiliterende rassis’

D.C. Coetsee (09.04) en Erika Oschse (10.04), “soort soek soort” het na my mening bitter min met rassisme te doen.

Vir my is die eenvoudigste definisie van rassisme: Een groep mense beskou hulself (onuitgesproke en subtiel) as inherent en algemeen meerderwaardig teenoor ’n ander groep mense.

Deur die eeue was die groep met die gewaande meerderwaardigheid bykans sonder uitsondering die wit groep, en die nie-wit groep moes hul eie “minderwaardigheid” daagliks beleef.

Indien hierdie definisie korrek is, volg dit vir my dat nie-wit mense nie rassiste kan wees nie, maar bloot wrewel uitstraal omdat hulle as groep geminag word op grond van iets so oppervlakkigs soos velkleur.

Rassisme is dus baie meer subtiel en daarom ook baie meer algemeen as “om die ander te haat”, want haat is immers ’n ekstreme emosie en dit is maklik om dit in onsself te ontken.

Die subtiliteit onderliggend aan hierdie definisie van rassisme het my by die punt gebring waar ek my eie rassisme moes erken, en ek beskou myself nou as ’n “rehabiliterende rassis”.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.