Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek is siek en sat vir die ‘ryk’-etiket

Ek kan nie glo dat daar van die pensioen waarvoor ek 30 jaar gewerk het en waarvan ek moet lewe, gevat moet word om staatsentiteite wat eens 100% gefunksioneer het, te moet help nie. Hoeveel keer nou nog? En as dit ook tot niet is, waarheen dan?

En hou op om alles wat jy gratis gekry het, af te breek en te verniel dan hoef niemand se pensioene gevat te word nie.

Ek het die GEPF al gevra waarom ons nie ook soos ander pensioenarisse bonusse kry nie en telkens word ek vertel dat daar nie geld is nie. Ook kry ons nie dieselfde verhoging as werkers nie. Waarom weet ek nie, want niks het in my lewe verander nie, net my geld het minder geword want my pensioen is ’n derde van my salaris.

Maar my pensioenfonds het miljarde rande waarmee staatsinstellings uit die verknorsing gehelp kan word.

Ek is so siek en sat daarvoor dat daar gedurig verwys word na wit mense as ryk mense en swart mense as arm. Kyk ’n slag na getalle, dan kan gesien word dat ons presies dieselfde is, of dat wit mense die minderheid is.

Jammer om te sê, maar die grootste gedeelte van Suid-Afrika se bevolking is arm omdat alles aan hulle gegee was en nou nog gegee word.

Werk ’n slag vir wat jy wil hê, miskien kry jy die huis of motor of wat ook al gouer as om jou naam op ’n lys te sit en daarvoor te wag. En hou op om alles wat jy gratis gekry het, af te breek en te verniel dan hoef niemand se pensioene gevat te word nie.

Meer oor:  Mystem  |  Gepf  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.