Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek is skaam om in vuil Bfn te woon

In Bloemfontein verwys “waterkrisis” nie slegs na ’n water­tekort nie, maar ook na ’n oormaat van water van verskillende soorte wat in ons strate vloei.

Briewe die afgelope weke het my laat besef dit is nie net in ons woonbuurt waar die situasie buite beheer is nie.

Is die totale gebrek aan dienslewering dalk deel van ’n “meesterplan” van die Mangaung­metro?

Waterlekke word dalk nie herstel nie sodat die riool (waarvan die lekke ook nie herstel word nie) in ’n meer verdunde vorm in die vloedwaterslote kan beland.

Dalk word vullisverwydering nie meer gedoen nie sodat ’n gedeelte van die swartsakke se inhoud, wat deur sakgrawers en honde gestrooi word, ook met die vloeibare gemors kan vermeng.

Is dit as gevolg van ’n totale gebrek aan bevoegdheid? Of gee die metro se mense net nie om nie?

Hulle kry mos salaris.

Skande!

Ek skaam my om in hierdie vullishoop te woon. En ons betaal ten volle vir hierdie dienste.

Meer oor:  My Stem  |  Vullis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.