Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek sê dankie vir ’n skoner Bloemfontein

Ek wil die administrateur van die Mangaung-metromunisipaliteit en sy span bedank vir die skoner sypaadjies en middelmannetjies.

Ons sien dit raak en waardeer dit opreg. ’n Netjiese Bloemfontein sal die inwoners weer trots maak en aanmoedig om vir hul dienste te betaal.

Baie dankie ook aan Raubex wat al die slaggate waarby die munisipaliteit nie uitkom nie regmaak, gratis en verniet.

Hulle het nou al in Lucas Steynstraat vieslike gate vir ons reggemaak en vandeesweek het hulle die dongas in Du Plessislaan ook vir ons opgevul.

Ek wil inwoners aanmoedig om hul DA-raadslid te kontak as daar slaggate is wat lank lê. Hulle sal dan by Raubex hoor of hulle kan help.

Dit lyk vir my dit is maar die roete wat ons in die toekoms gaan moet inslaan.

Dit baat nie om te sê ons betaal vir dienste en dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie.

Ons as sakelui en besorgde inwoners moet maar inspring as ons dinge gedoen wil hê.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.