Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek sien geen lig in donker tonnel

Nou is ons by fase ses tot fase agt. Twee vrae: Is dit bonustyd vir Eskom, en waar is Pravin Gordhan?

Ek sien ongelukkig geen lig in die donker tonnel nie.

Die Medupi-kragstasie het “tegniese probleme”. Die steenkool vir Medupi (wat volgens Eskom Sepedi is vir “Rain that soaks parched lands”) is nou seker nat ná die reën wat die dorre land oorstroom het.

Medupi, wat in 2007 R80 miljard gekos het. Kusile, naby Witbank, sou R90 miljard gekos het, maar nou staan ons ná 11 jaar al op R200 miljard en die kragstasie is nog nie voltooi nie.

35 nuwe steenkoolmyne moes geskep word om die honger Medupi- en Kusile-kragstasie van brandstof te voorsien. Is dit gedoen?

Nóg ’n vraag: Waar staan ons nou met aardverhitting en besoedeling? China open elke ses maande ’n kernkragsentrale en ons sien geen kernkragrampe dáár nie. Net dat ons uraan na China verskeep word. So ook ons ystererts terwyl Saldanha Staal toemaak.

Ek sien ongelukkig geen lig in die donker tonnel nie.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.