Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek sou ook die pad vat

Suid Afrika voldoen so te sê aan die definisie van anargie.

Grootskaalse wetteloosheid heers, vragmotors word afgebrand en van hul vragte gestroop, openbare geboue en toerusting word vernietig, banke en staatsorganisasies besteel en die afgrond in bestuur.

Kandidate met dreigende misdadige aanklagte is hoog op die regerende party se kieserslys. Van hulle is skuldig aan grootskaalse nepotisme, geldverduistering, diefstalle, self - en kadervriende verryking ten koste van dienslewering en bevoordeling aan die kieserspubliek.

Eskom kan finansieël nie oorleef nie. Duisternis en ekonomiese ineenstorting bedreig die land.Donderdag moes ons oor die amptelike uitsaaier verneem van al die groot konstruksiemaatskapye wat ondergegaan het en hoedat met AK47 gewapende bendes, konstruksiemaatskappye vanaf die persele  verdryf omdat kleiner maatskappye nie die kontrak gekry het nie. So het ook die maatskappy wat die lang Transkeise snelweg sou bou, tou opgegooi en dagvaar nou die staat vir skadevergoeding.

Die ergste is: dit alles gebeur onder toesig van die polisie! Verder maak Cyril Ramaposa nie sy mond oop om selfs `n piepgeluid hieroor te uiter nie. Dan verwag hy, te midde van die huidige wetteloosheid en chaos, dat diegene wat die land verlaat het,moet terugkeer “om te help bou”. 

Hoe kan mense bou terwyl ander op groot skaal afbreek en verwoes? Dit grens aan hallusinasie!

Onder die huidige omstandighede sal hulle nooit terugkeer nie. Sou ek nog jonk wees, met die gewilde kwalifikasies, was daar net een pad vir my, weg van hierdie sinkende skip, al het ek my volk en land lief. Suid-Afrika is nie meer `n land vir  Westerse beskaafdes nie.

Meer oor:  Eskom  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.