Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek stel nie belang in koerant op rekenaar

Ek loop sowat 75 jaar saam met Afrikaanse koerante. In die 1940’s het Oosterlig op Dinsdae en Donderdae verskyn en het ons ouers dit op Mount Stewart of Klipplaat by die algemene handelaar gekoop. As ek reg onthou, was T.O. Honiball daardie jare die spotprenttekenaar.

Toe ek begin werk, het ek die koerant gekoop om sportverslae te lees, en sedert 1990 het ek dit elke verskyningsdag gelees. Ek dink ek het in 1993 ’n vaste intekenaar geword en, om dit sag te stel, verslaaf geraak aan die koerant wat van 1 Mei 1993 af as Die Burger verskyn. Baie briefies wat ek geskryf het, is geplaas.

Toe kom die (vir my) skoknuus dat Die Burger binnekort net een dag per week in die huidige formaat sal verskyn. Ek stel nie juis daarin belang om ’n koerant op my rekenaar te lees nie en ouma, wat ook gereelde leser is, is glad nie in haar noppies daarmee nie.

Dis egter nie net ek en ander lesers wat benadeel word nie. Talle mense wat ’n inkomste verdien het deur koerante af te lewer of te verkoop, en selfs die organiseerders wat aflewering behartig het, trek aan die kort ent.

Niemand het nog verneem wat my plan met die koerant is nie. Om die waarheid te sê, ek het nog nie ’n plan nie. Ek het natuurlik die keuse om maar op die Engelse koerant van die streek in te teken, maar dan laat ek my moedertaal in die steek.

Ek verstaan ook nie waarom die Oos-Kaap “gestraf” word deur die koerant net een dag per week hier uit te gee nie. Dit lyk ook asof daar nie veel vir Afrikaans omgegee word nie.

Maar nou ja, die sweep het geklap en ons sal maar moet sien of die wa verder deur die drif getrek gaan word.

My mening, as dit enigsins iets werd is, is dat Die Burger se dae min raak.

Meer oor:  Mystem  |  Rekenaar  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.