Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek tel nie die ure nie, tensy hulle mooi is

Ek het baie respek vir die Latiniste onder ons mense.

As ek aan kenners van Latyn dink, dink ek aan mense soos wyle prof. Boelie Wessels, ’n gewese buurman van my en professor in Romeins-Hollandse reg aan die Universiteit van die Vrystaat, asook aan wyle oudminister Pik Botha.

Botha het in sy laaste onderhoud met die Rapport-joernalis Hanlie Retief ’n inskripsie op Romeinse sonwysers aangehaal: Pereunt et imputantur (die ure wat ek afgemeet het, was nie tevergeefs nie, dis in berekening gebring).

Ek het maar erg gesukkel met Latyn op skool.

Ons skoolhoof, wat dit vir ons as vak aangebied het, was ’n wonderlike mens en net hierdie leerling was sukkelend.

Ek het dié taal egter bewonder. Ek het darem ’n paar frases onthou.

Die een, wat ook op ’n sonwyser geskryf is, is: Horas non numero nisi serenas (ek tel net die mooi ure, of direk vertaal: ek tel nie die ure nie, tensy hulle mooi is).

Meer oor:  Hanlie Retief  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.