Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek verstaan Gert se huldeblyk vir Bella

Die doodsberig en huldeblyk “Rus sag, ons Blommelyf”, wat Gert Malan op 18 Julie vir hul hondjie, Bella, in Volksblad geplaas het, het my met trane in die oë gelaat.

Terselfdertyd het dit my groot plesier en vreugde verskaf om te weet daar is ook ander mense wat net soos ek oor my hondjie voel.

Ek is in ’n aftreeoord en my Uno is my alles.

Woorde kan glad nie beskryf of verduidelik wat hierdie diertjie vir my beteken nie.

Haar liefde, getrouheid en nabyheid gee betekenis aan my lewe.

My innige simpatie aan Dadda en Mammie.

Ek verstaan.

Meer oor:  Volksblad  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Huldeblyk  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.