Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek verstaan nie bedoeling van Bloedrivier-artikel

Oor die artikel “Vergeleke met ander soortgelyke veldslae: Hoe suksesvol was Bloedrivier?” (07.01):

Dit is nie duidelik wat die bedoeling was van die skrywer van hierdie artikel, die politieke wetenskaplike Pieter Labuschagne, om die sukses en historiese be­tekenis van die Slag van Bloed­rivier te relativeer deur dit met drie ander veldslae te vergelyk nie.

Ek is geen historikus nie, maar beskou die drie genoemde veldslae as “skermutselings”, met Bloedrivier as die finale oorlog om die voortbestaan van die Voortrekkers.

Ná die moorde op Piet Retief en sy makkers en die moorde daarna by Blaauwkrans, Moordspruit en Weenen, asook omdat die Voortrekkers etlike leiers verloor het, het die Trekkers gevoel dat hulle op totale uitwissing afstuur.

Vandaar die aflegging van die Gelofte ’n week voor die veldslag by Bloedrivier.

Die Goddelike ingrype en die oorwinning staan dus opgeteken as ’n beslissende keerpunt in die geskiedenis van ons voorouers.

Die volgende opmerkings in die artikel val dus vreemd op:

  • Die herdenking van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember het tot heelwat omstredenheid gelei;
  • Die hinderlaag op 27 Desember waaruit die Trekkers net-net ontsnap het, word selde na verwys wanneer oor Bloedrivier gepraat word; en
  • Bloedrivier was (dan) nie so suksesvol nie omdat die Trekkers nie ’n poging aangewend het om grond te beset nie, terwyl die Zoeloes steeds “baie sterk” was.

Ag nee, Pieter Labuschagne.

Ek vertrou die doel van die artikel was nie om die Gelofte en die slag by Bloedrivier te verwater nie.

Dis erg genoeg dat pres. Cyril Ramaphosa die Zoeloes as vryheidsvegters beskou.

Meer oor:  Pieter Labuschagne  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.