Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek wens so mense sal met hul kruisies praat

Oor die foto-artikel oor Harri­smith (30.4):

Dit stel teleur dat dié dorp, soos die meeste van ons stede en dorpe, in so ’n toestand is.

Bloemfontein was nog nooit so vervalle soos nou nie, en die kans dat dit gou gaan verander, is nul.

Die ANC belowe dat hy korrupsie en wanbestuur gaan uitroei, maar ons sien dit nie.

Dit is goed dat mense in stede en dorpe self begin skoonmaak en dienste lewer. Maar waar dit gedoen word, behoort inwoners nie langer die munisipaliteit te betaal vir die dienste nie. Die munisipale personeel wat nie hul werk doen nie, behoort ook nie salaris te kry nie.

Ons land was nog nooit is so ’n toestand nie.

Met die munisipale verkiesing wat kom, wens ek so mense sal hul stemme gebruik om ’n einde hieraan te maak.

Meer oor:  Verkiesing  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.