Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek wil Volksblad nog jare lees

Op 15 Januarie berig Lynda Greyling in Vrystaat, gemeenskapskoerant van Volksblad, oor die dood van my buurvrou hier in die aftreeoord, Nellie Els (77), eggenote van dr. Leroux Els.

In dié berig is ’n interessante brokkie lewensgeskiedenis: Nellie was die kleindogter van Hendrik de Graaf, pionier van die mediabedryf in Suid-Afrika. Hy was die stigter-eienaar van Het Westen, wat later Volksblad geword het.

Wat ’n mooi herinnering vir haar eggenoot en hul kinders en kleinkinders om ook deel te kan hê aan die Volksblad van vervloë dae.

Ek mis reeds die krakerige koerant tussen my vingers en die gesukkel met die omslaan van die groot bladsye terwyl ek in die bed lê en lees.

Soos dit met alles in die lewe gaan, kom daar nuwe besluite en veranderinge waarmee ons moet saamleef. Só het ek dan ook besluit om die bul by die horings te pak. Op aandrang van my kinders het ek ’n tablet aangeskaf.

Ná ’n paar uur se lesse is ek nie meer “digitaal gestremd” nie.

Ek het met die lees van die gedrukte Volksblad en tydskrifte ondervinding opgedoen om vir bykans 20 jaar redakteur van ons Bethlehem-aftreeoord se eie Kiewiet Koerant te kon wees.

Ek moes tot groot hartseer bedank, wat daartoe gelei het dat dié koerant ook sy einde bereik het.

Ek dra graag my goeie wense oor aan die nuwe, digitale Volksblad en sy personeel, vir nog baie jare om te kom.

En ek vertrou dat ek nog tot op 100 jaar my Volksblad sal kan lees.

  • het op 3 Julie berig hoe tannie Hettie (85), ná ’n kuier by haar kinders, drie maande se leeswerk met agterstallige koerante ingehaal het. – Red.
Meer oor:  My Stem  |  Koerant  |  Volksblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.