Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ek’t net respek vir die mense in blou

Ek is nou nie een van die miljoene wat volgens M. van den Berg (08.06) niks van ons polisiediens dink nie. As hy weet met watter remskoene aan die manne en vroue in blou probeer werk, sal hy meer simpatie hê.

As daar in ’n bendegeteisterde gebied net één vangwa per skof beskikbaar is, wat doen jy dan om by die soveelste misdaad­toneel uit te kom? Bestel ’n Uber?

As die bendelede lustig op mekaar – en op jóú – skiet, maar jy het geen koeëls vir jou pistool nie, want – oeps! – jou aanskaffingsafdeling het vergeet om te bestel, wat dan?

Aan die duisende mans en vroue wat elke dag ten spyte van alles getrou vir hul skofte aanmeld, sê ek net, soos Ali G: “Respect!”

Meer oor:  My Stem  |  Sapd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.