Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Elke stem tel op 1 November

Oor die munisipale verkiesing wat om die draai is en waarom mense moet stem en vir wie hulle moet stem:

Gestel tien kiesers gaan stem, ses vir die ANC en vier vir opposisiepartye, dan kry die ANC 60% van die stemme en die opposisie 40%.

Gaan stem een opposisiekieser nie, verander dit die prentjie drasties. Met nege kiesers wat vir die ANC stem en net drie vir die opposisie kry die ANC ’n tweederde-meerderheid.

Dit mag nie gebeur nie. Daarom moet elkeen wat ontevrede is met die ANC, en hulle wil weghou van die mag, gaan stem.

Daar waar die ANC dan minder as 50% van die stemme kry, kan opposisiepartye saamwerk en ’n koalisieregering vorm om die ANC weg te hou van die mag.

Dit moet egter ’n werkbare koalisie wees en die EFF moet beslis nie deel wees daarvan nie.

Maar vir wie moet ’n mens stem? Die eenvoudige antwoord is om te kyk watter party se waardes ooreenstem met jou eie waardes en ook daadwerklik gaan opstaan vir jou regte as kieser.

Gaan stem dan vir daardie party op die proporsionele stembrief en ook vir die party se kandidaat in jou wyk.

Onthou, elke stem tel en geen stem gaan verlore en word gemors nie, selfs al wen jou party se kandidaat nie die wyk nie. Al die proporsionele stemme vir jou party en ook al die stemme vir jou party se kandidate word bymekaargetel en dit gaan uiteindelik bepaal op hoeveel setels jou party geregtig is.

Gaan kyk met ’n vergrootglas na elke party en sy kandidate en moenie geflous word deur onwerkbare, leë politieke beloftes nie. Maak ’n ingeligte besluit, staan dan op en gaan trek jou kruisie by die party en die kandidaat van jou keuse.

Laat ons saamstaan teen swak dienslewering, korrupsie en wanbesteding in ons munisipaliteite.

Die tyd om ons stemme dik te maak is op stemdag 1 November.

Meer oor:  Verkiesing  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.