Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Élke wetsoortreder is ’n misdadiger

’n Mens hoor en lees byna heeldag en aldag van allerhande gruwels wat in ons land gebeur.

As dit nie die onbesonne padgebruikers is wat roekeloos vir noodlottige ongelukke (misdade is dalk meer gepas as ongelukke) verantwoordelik is nie, is dit ewe gruwelike moorde, verkragtings en aanrandings, noem maar op. Witboordjiemisdade is ook legio.

Dit ontstel my dat soveel Suid-Afrikaners (van alle vlakke in die samelewing) skynbaar glo dat hulle ’n keuse het watter landswette hulle na goeddunke mag ignoreer. Dié wat moor, glo hulle mag maar, dié wat korrupsie pleeg of steel, meen dit is reg want hulle sal nie vasgetrek word nie. Net só lyk dit of te veel voertuigbestuurders glo dat dit toelaatbaar is om ander op sperstrepe verby te steek. Daardie wet is mos nie op hulle van toepassing nie. Ander weer – en met hulle het ek min simpatie – meen dat ’n stopteken bloot ’n padversiering is.

Hoe ook al, dit is gevaarlik in hierdie land. Glo dit as jy wil (en ek hoop jy wil), elke wetsoortreder is uit eie reg ’n misdadiger.

Dat ons land ’n misdadiger se droom is, blyk uit die hordes lyfwagte wat die president, ministers en ander wat hulself hoog ag, op die belastingbetalers se betaalstaat het.

Die dag sal dalk binnekort aanbreek dat die lyfwagte hul eie lyfwagte moet kry.

Meer oor:  Stilbaai  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.