Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Elkeen ingestel net op eie gewin

Ester le Grange, Bloemfontein, skryf:

Nadat ek verlede week se Rapport gelees het, het ek in my binneste gewonder of daar ’n land ter wêreld is wat meer korrup is as Suid-Afrika.

Ek het tot die slotsom gekom daar is nie. Ons bly in ’n land waar mense nie meer omgee vir sy medemens nie. Elkeen wil net sien wat hy uit ’n ander kan kry.

Ek is geskok deur die swart boere wat jare en jare bitter hard op ’n plaas werk en dan word dit weggeneem en aan ’n ander belowe. Dit is ’n skreiende skande. En só word daar ook niks gedoen met die verslag, met bewyse, wat wit boere indien oor polisiemanne wat betrokke is by veediefstal nie. Net die ou verskoning: Die verslag is nie ontvang nie of hulle ontken die bestaan van só ’n verslag.

Ek is absoluut tot in my diepste wese geskok oor die vlak van korrupsie in hierdie land. Dit is hoekom ons land op die rand van bankrotskap staan.

Meer oor:  Ester Le Grange  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.