Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
En die tuisskare juig oor ’n hol oorwinning . . .

Op 6 April 2009 swig almal voor die dwaasheid van oorweldigende grondvlak-steun en die NVG trek al die klagtes teen Jacob Zuma terug. Vir 12 jaar en drie maande daarna hardloop hy bo-oor, om en deur die regstelsel voordat hy op 7 Julie 2021 uiteindelik as veroordeelde krimineel, nou polities impotent, in hegtenis geneem word.

Die regstelsel werk weer en die Grondwet is die hoogste gesag. Die hoofregter pomp haar gebalde vuiste en spoeg namens ons almal in die moeë, verslane reus se gesig. Die skare juig. Maar die land is op die rand van bankrotskap. Talent en kapitaal het gevlug. Daar is riool in die drinkwater en in die strate. Dit vloei ook deur alle vlakke van regering en staatsinstellings. Waardes word vernietig net waar jy kyk. Mense sterf aan behandelbare siektes. Kinders word ongeskool groot. Misdaad kraai koning as die mees lonende bedryf in die land.

Die telling is 50-0 teen ons. Daar is nie ’n eindfluitjie nie – ons moet aanhou speel met die agterstand.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.