Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
En die wagte wat moes waghou?

Daar gaan nie ’n dag om dat nie oor staatsentiteite se finansiële verknorsing berig word nie. Die SAL, Eskom, die SAUK, die lys is lank. Hoe het dit gebeur? Die antwoord: Swak bestuur – daar is feitlik geen beheer deur die “toesighouers” uitgeoefen nie.

By elk van die entiteite is daar ’n raad van trustees/direkteure (deur die betrokke minister aangestel) wat veronderstel is om toesig te hou. Te oordeel aan dit wat die Zondo-kommissie aangehoor het, het hulle nie in die beste belang van die entiteit en in goeder trou opgetree nie. Waar was die betrokke ministers wat veronderstel is om toesig te hou oor die trustees/direkteure? Wat van die oorsigrol van parlementêre komitees – het daar ooit optredes uit hul bevindings voortgevloei? Die ouditeur-generaal lê elke jaar ’n verslag aan die parlement voor waarin die stand van sake uitgespel word. Het daar enige optrede daaruit voortgevloei? Waarskynlik niks.

Dieselfde vrae word telkens gevra: Hoekom doen iemand nie iets nie en hoekom word diegene wat wette soos die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree, nie aangekla nie? Kortom, waar was die wagte wat oor die wagte moes toesig hou?

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.