Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
En só ploeter amptenare net voort

Wat beteken dit dat ’n munisipaliteit onder administrasie geplaas word?

Sover ek in die koerante kan lees, word maar net voort­geploeter om die munisipaliteite nog verder in die afgrond in te dryf.

Ek het by ’n instansie gewerk waar gereeld oudits of inspeksies gedoen is, en wanneer die geringste fout ontdek is, moes volledig aan die hoofkantoor verslag gedoen word.

Dan praat ek nie eens van steel nie. Al was die bedrag of item ook hoe klein, is jy summier ontslaan.

Wat word van al die huidige korrupte amptenare van munisipaliteite? Ek vra maar net, want ons land is besig om te gronde te gaan.

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.