Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
En só storm ons op die afgrond af

8 Mei het gekom en gegaan. Die publiek het hul kruisies getrek en die ANC het weer eens die meeste stemme gekry. Die publiek het dus verklaar dat hulle volle vertroue in die ANC as regering het en vas glo dat hul belange deur hom gedien sal word.

Nou wonder ek net waarop dié mense hul vertroue en geloof baseer. Sekerlik nie op die feite van die afgelope 25 jaar nie!

Daardie beloftes is al voorheen gemaak en die versuim om dit na te kom was só erg dat dieselfde publiek wat vir die ANC gestem het, byna daagliks iewers in die land teen hul verkose party protesteer. Ongelooflik dat hulle nog niks geleer het nie.

Vir my beteken dit dat die publiek nog nie weet wat dit be­teken om te stem nie. Dit is die geleentheid om jou ontevredenheid te demonstreer deur teen die verbrekers van beloftes te stem en vir ’n ander party te stem wat miskien sy beloftes sal nakom. Jy kan die regering verander.

Gegewe die feit dat die meerderheid ten gunste van die ANC gestem het, verwag ek nou van hulle om dadelik hul sogenaamde protesoptredes te staak – hulle het die mense gekry wat hulle wou gehad het. Nou moet hulle tevrede en bly wees.

Wel, dit is seker te veel gevra. Dieselfde patroon van die afgelope 25 jaar sal in die volgende vyf jaar gevolg word. En só storm ons soos die Gadareense swyne op die afgrond af.

Meer oor:  Anc  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.