Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Erfenisdag dan sonder erfenis

Volksblad (20.04) het berig oor die tragiek van die afbrand van die Jagger-biblioteek by die Universiteit van Kaapstad. Wat ’n ontsaglike verlies aan ’n stuk kosbare erfenis bo en behalwe die noodsaaklikheid en belangrikheid van ’n biblioteek soos dié een.

Goeie nuus in dieselfde koerant is die digitale mediamuseum van prof. Johannes Froneman­. Weliswaar is dit die tweede een nadat die eerste (reeds) gekaap is.

Sonder om my leke-kennis blatant ten toon te stel en allermins om saam te sing in die murmureerkoor kon ek as bejaarde, wat ook kleiner en minder maak en links en regs weggee en weggooi, nie help om ’n bietjie na te dink oor die begrip “erfenis” nie.

Die Jagger-biblioteek laat my toe dink aan die “bewaarplekke” in my eie dorp en selfs my persoonlike ervaring daarmee.

Die NG Kerk in Afrika-argief, waarby ek persoonlik betrokke was, het basies verdwyn toe die gebou (Bastionstraat 46 in Bloemfontein) verkoop is aan die munisipaliteit, platgeslaan is en die nuwe­ Harveyweg se pad daardeur gebou is.

Die NG kerk in St. Andrew-straat met sy argief, goed versorg deur die boeremusiekman dr. Leon Ferreira, is ook verkoop. Ek weet wat van die orrel geword het, maar huiwer om na die lot van die argief te verneem.

Ek lees Voortrekkerstraat 79 (die ou bekende naam) gaan ook verkoop word. Heerlike herinnering vir iedere Bloemfonteiner (veral ons wat as skoolseuns Die Volksblad verkoop of afgelewer het).

En die kosbare argief?

Reusewerk in belang van eietydse geskiedenis is verrig deur die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (Ineg) by die destydse Universiteit van die Oranje Vrystaat (UOVS). Ek huiwer selfs om dit te noem!

Ons is so besorg oor ons persoonlike erflating dat ek vrees vir die erfenisdag waar ons ontdek ons het geen erfenis om te gedenk of te vier nie.

Dan braai ons maar saam met Jan Braai vir ons erfenis.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Erfenisdag  |  Briewe  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.