Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Erfenisdag met Titus, Hoogenhout

’n Paar dae gelede drafstap ek weer in die pragtige omgewing van Wellington. Ek sien die plaaskerkhof op die Welvanpaspad, met grafte wat dateer vanaf 1832. Ek worstel deur die kniehoogte gras.

En toe ’n graf: “Hier rus die stoflike oorskot van C.P. Hoogenhout. Onderwyser, digter, skrywer. Geb. Maart 1843 – Ges. 13 Januarie 1922.”

Hoogenhout was ’n kampvegter vir die Afrikaanse taal. In 1880 skryf hy in Die Afrikaanse Patriot: “Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor. In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.”

Ek het gewens dat Danny Titus saam met my daar kon staan. Die rede? Hy was soos Hoogenhout ’n kampvegter vir Afrikaans.

Een van Titus se ideale en projekte was dat die bruin en wit Afrikaanssprekendes hul taal as gemene deler beskou en dit na waarde ag.

Hy het geoordeel dat dié gemeenskaplike erfenis nie genoeg na waarde geag word nie. Om my eie woorde te gebruik: Soms word daar nog van “ons” en “hulle” gepraat.

Sy visie was versoening onder Afrikaanssprekendes. Hy het hom ook vir moedertaalonderrig beywer. Hy was ’n baanbreker en ’n regsman, asook onverskrokke segsman vir Afrikaans.

By Hoogenhout se graf meen ek dat hy sou saamstem dat daar soos destyds, ook vandag pogings is om Afrikaans te vermoor. Ek wens ek en Danny Titus kon saam met C.P. Hoogenhout daar in die lang gras Erfenisdag vier.

Meer oor:  Danny Titus  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.